Die Luiperdbende by A.P. Du Plessis
Synopsis
DIE LUIPERDBENDE - OERWOUDVALK REEKS
Die Oerwoudvalk of ook beter bekend as die Valk, is net gewapen met 'n pyl en boog, jagmes en lendekleed van luiperdvel. Hy deurkruis hy die digte woude van die Kongo en beleef die een opwindende avontuur na die volgende.
In hierdie verhaal kry die Oerwoudvalk te doen met die gevreesde Luiperdbende. In opdrag van Kolonel Fleerackers, hoof van die Belgiese Veiligheidspolisie, word hy gevra om ondersoek te gaan instel na hulle bedrywighede en om dit te probeer vernietig. Gou kom die Valk af op 'n plaas wat aangeval is deur die Luiperdbende. Hy ondek toe dat hulle die plaasmense se dogter ontvoer het en maak dit toe sy taak om haar te gaan red, voor sy geoffer word aan die Luiperdgod.
In sy agtervolging kry die Oerwoudman onder andere te doen met 'n krokodil wat so byna byna sy lewe kos. Asof dit nie erg genoeg is nie, moet hy ook een van die natuur se gevaarlikste tropiese storms oorleef en dit is maar net die begin van al sy drama. In die vesting van die Luiperdmanne kom die Valk weer aangesig tot aangesig met 'n ou bekende vyand van hom. Daar word die Valk in 'n put gegooi saam met drie luiperds. Gaan hy dit oorleef of is dit die einde van die Oerwoudman?
Reviews
Write your review
Wanna review this e-book? Please Sign in to start your review.